Monday, 23 April 2007

Eksamenuitslae

Ek het vandag met groot vreugde verneem dat ek die skriftelike deel van die "GKOft (SA) - Deel 1"-eksamen geslaag het, en uitgenooi word na die mondelinge eksamen wat DV 7-9 Mei 2007 in Durban plaasvind.

Dis met groot dankbaarhied in my hart dat ek die eer aan my hemelse Vader wil gee vir hierdie uitslae.

Dankie ook aan my vrou, Ronélle vir haar ondersteuning en moed-inpraat. Dankie aan my ouers en al my ander familie vir hulle bemoediging. Dankie aan elkeen wat in hul gebede aan my gedink het. Mag julle ondersteuning en gebede my ook dra tydens die voorbereiding vir my mondelinge eksamen.

Wednesday, 18 April 2007

Acne Rosacea-oogaantasting

So bietjie meer as 'n maand gelede het ek hierdie pasiënt gesien. Dit is 'n 32-jarige vrou met Acne Rosacea en gevolglike tipiese oogaantasting. Die volgende foto is geneem met behulp van die spleetlamp-kamera in ons oogkliniek:
















Let op die veranderinge van die kornea naby die limbus. Daar is ook soortgelyke veranderinge aan die nasale kant van die kornea, wat baie tipies is van Acne Rosacea-oogaantasting. Sy het goed gereageer op behandeling, maar het ongelukkig sedertdien verhuis na die Oos-Kaap.

Thursday, 12 April 2007

Doel van die blog / Purpose of this blog

Ek wil van hierdie blog gebruik maak om inligting aangaande myself, asook interessanthede aangaande my professie en belangstellings met andere te deel. Die bydraes sal hoofsaaklik in Afrikaans wees.

I want to use this blog to provide information about myself and also interesting facts about my profession and interests. The posts will mainly be in the Afrikaans language.