Wednesday, 20 June 2007

Kongres toe!

Ons was vanaf 13 tot 19 Junie 2007 in die Kaap vir 'n kongres van SASCRS (South African Society for Cataract and Refractive Surgery). Dit was egter die ideale tyd om ook 'n vakansietjie in te werk en ons besluit toe om al die oggend van die 13de Junie af te vlieg. Dit het ons darem bietjie tyd gegee om deur die wynland, skiereiland, ens. te toer terwyl ons by 'n baie oulike gastehuis in Bloubergstrand gebly het (La-Paloma).

Die kongres was baie interessant, met menige nuwe ontwikkelings op die gebied van katarak chirurgie wat ten toon gestel is. Ek het ook 'n geleentheid gehad om op Alcon se posterior-segment simulator te "speel" -- iets wat nogal eienaardig is by 'n anterior-segment georiƫnteerde kongres...

Ek sien werklik uit na die OSSA kongres in 2008.